On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

OFM Nights

Dawie Roodt kyk terug op duisend episodes van 'Ontbytsake'

───   18:22 Wed, 20 Oct 2021

Dawie Roodt kyk terug op duisend episodes van 'Ontbytsake' | News Article

Gewilde kykNET-oggendprogram, Ontbytsake, vier een duisend episodes op die kassie! Dawie Roodt gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor die mylpaal - luister na die potgooi hieronder.

ONTBYTSAKE, die gewilde ontbytprogram wat daarop fokus om vir klein- en medium-sakeondernemings nasionale blootstelling te gee, is al vir die afgelope een-en-twintig-jaar ’n onmisbare deel van baie Suid-Afrikaners se naweek-oggendroetine.

LEES OOK: Diaan Daniels se bruid-boetiek terug op die kassie

Eerskomende Saterdag, 23 Oktober 2021, vier Dawie Roodt (ekonoom), Leon Gropp (musikant), Eloïse Cupido (aktrise), Corli Botha (sjef) en die produksiespan agter-die-skerms fees wanneer dié program vir die duisendste keer op kykNET uitgesaai word!

Hierdie spesiale episode word by Stark Ateljees, waarvandaan hulle elke week uitsaai, in Randburg verfilm en gaan verskeie bekende gaste insluit, waaronder vorige aanbieders soos Elma Postma, Milan Murray, Kim Cloete en vele meer. Daar gaan ook teruggekyk word na alles wat vir meer as twee dekades die “ontbytnuus” gemaak het.


Podcasts

Dawie Roodt kyk terug op duisend episodes van 'Ontbytsake':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.