On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Michelle Mountjoy inspireer met debuutenkelsnit 'Sing Jou Lied'

───   19:24 Thu, 20 Jan 2022

Klanktoets: Michelle Mountjoy inspireer met debuutenkelsnit 'Sing Jou Lied' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Michelle Mountjoy van die kykNET-program, 'Wat Dit Vat'.

Ons ken vir Loki Rothman as ’n kitaarvirtuoos en musiekvervaardiger, maar het hy die vaardighede om ’n doodgewone ou of meisie in Suid-Afrika se nuutste popsensasie te verander?

LEES OOK: Troufotograaf Edó Mostert het 'Wat Dit Vat'

Eers het dit begin met ’n Instagram-inskrywing. En later het Loki hierdie sosiale eksperiment op nasionale televisie aangepak met die kykNET-realiteitsreeks 'Wat Dit Vat' wat oor die afgelope paar weke hope pret en vermaak aan kykers gebied het.

Michelle Mountjoy, wat in Amerika gebore is, maar in Plettenbergbaai grootgeword het, se passie was nog altyd musiek en is een van die deelnemers wat die reis deurgemaak het.

“Wat dit vat was ongelooflik,” sê sy. “Dit het my heeltemal uit my doppie geruk en ’n soort selfvertroue gegee wat nooit weer by my weggeneem gaan word nie. Ek is oor 11 weke gevorm in nog meer van myself as tevore. Ek het baie gehuil, maar meer gelag. Dit het my gehelp om te genees en te weet: Al is dit soms moeilik, gaan ek altyd deur die lewe sing.

“My musiekvideo wys baie mooi hoe my lewe was voor Wat Dit Vat en hoe dit nou is. Dat dit met die wêreld gedeel word, gee my hoendervleis. Ek bid dat dit vir baie mense hoop sal gee. Ek voel geëerd om die kans te kon kry om hierdie pad saam met ongelooflike mense te stap."

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.