On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Goeie dag vir SA by die Spele

───   16:27 Tue, 07 Aug 2012

Goeie dag vir SA by die Spele | News Article

Dit was ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaners in hul onderskeie items by die Olimpiese Spele in Londen. Bridgette Hartley het haar semi-finaal in die kanoe, K1, 500m-enkel, gewen en het die tweede vinnigste tyd aangeteken om vir Donderdagoggend se finaal te kwalifiseer. In die 100m-hekkies het Lehann Fourie, tweede in sy uitdun in ‘n tyd van 13 punt vier nege sekondes geeindig en sal hy vanaand in die semi-finaal in aksie wees. Spiesgooier, Sunette Viljoen, het in die derde plek gekwalifiseer vir haar finaal met ‘n poging van 65 punt nege twee meter. Sy sal Donderdagaand in die finaal teen onder meer die 2008 gouemedaljewenner in Beijing, Barbora Spotakova, te staan kom. Anaso Jobodwana het tweede geeindig in sy uitdun in die 200m vir mans in ‘n tyd van 20 punt vier ses sekondes – sy semi-finaal word more-aand beslis.
 

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.