Other News
Sport hoogtepunte in Mei 2010─── 15:53 Tue, 14 Dec 2010

Mei 2010
Voormalige president Nelson Mandela verwelkom die Wêreldbeker-trofee in Suid-Afrika. FIFA se sekretaris-generaal, Jerome Valcke se, daar was vir hulle geen manier dat die trofee in Suid-Afrika aankom en nie eerste na Mandela geneem word nie.
Die Bulls wen hul vierde Super Rugby titel na hulle die Stormers in die eindstryd van die Super 14 in die Orlando Stadion Soweto klop.
Die Proteas verloor hul laaste Super8-wedstryd van die Internasionale Krieketraad se Wereld Twintig20 kampioenskap teen verdedigende kampioen Pakistan met 11 lopies en kon vir die soveelste keer nie die mas opkom in ‘n IKR-toernooi nie.
Die Vrystaat Stadion word amptelik aan Fifa oorhandig vir die 2010 Sokker Wereldbeker-toernooi wat in Junie begin. Danny Jordaan van die reelings komitee en die Fifa Sektretaris General, Jerome Valcke, neem die stadion in ontvangs.