On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

13 Mei Middag Sport

───   14:15 Fri, 13 May 2011

13 Mei Middag Sport | News Article

In die Sportnuus

Cheetahs-afrigter Naka Drotske se die weer in Bloemfontein is ‘n gelykmaker in moreaand se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders. Die Crusaders en die Cheetahs hou daarvan om die bal lug te gee, maar hardlooprugby kan bemoeilik word met reen wat vir more voorspel word. In die afgelope twee wedstryde het die Cheetahs veertien driee gedruk.

Voormalige Sri Lankaanse draaibalbouler Mutthia Muralitharan het ‘n kontrak geteken om sy loopbaan by die Nieu-Seelandse Pro20 –span die Wellington Firebirds voort te sit. Muralitharan, wat na die wereldbeker-eindstryd uitgetree het, het in sy loopbaan die meeste toets-en eendagpaaltjies geneem.

Tiger Woods se wendroogte gaan vir nog ‘n toernooi voort duur nadat die voormalige nommer een speler in die wereld hom aan die Spelerskampioenskapstoernooi onttrek het. Dit is weer Woods se probleem linkerknie wat hom probleme besorg.

Na dag een by die Junior Wereldkampioenskappe in Gaborone het die Suid-Afrikaanse span reeds vyf medaljes ingeoes. Van die vyf medaljes is een goud, drie silwer en een brons. Die diskusgooier Ischke Senekal het die goud gewen met ‘n persoonlike beste afstand van 49,9 meter.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.