On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: Departement waarsku boere moet op hul hoede wees vir booswigte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:26 Thu, 09 May 2019

Landbounuus-podcast: Departement waarsku boere moet op hul hoede wees vir booswigte | News Article

Die Departement van Arbeid in die Vrystaat, vra boere om op hul hoede te wees vir booswigte wat hul voordoen as werknemers van die departement wat plase besoek en geld eis in ruil vir arbeidsregte.


Die departement se Josial Ramokoena, sê die oortreders fokus veral op werkgewers op plase en verkoop arbeidsregplakkate. Hy sê 'n plakkaat word teen sowat R600 verkoop.  Ramokoena sê die departement vereis dat werkgewers dié plakkate bekom en ten toonstel. Hy sê die departement het inligting bekom dat die booswigte nou die Wesselsbron-gebied teiken. Soortgelyke voorvalle is verlede jaar in in die Vrystaat in gebiede by onder meer Phillipolis, Edenburg en Jagersfontein, aangemeld.  Die departement in samewerking met die polisie en ander betrokkenes ondersoek die voorvalle.  

Dieselfde virus van Afrika-varkgriep is verantwoordelik vir die uitbreking van die siekte onder varke in sekere gebiede in Mpumalanga en Gauteng Noordwes. Dit kom nadat Afrika-varkgriep vroeg verlede maand in die Zeerust-gebied in Noordwes uitgebreek het. Die nuutste uitbrekings in Delmas and Daveyton is by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) aangemeld. Die geraakte gebiede is onder kwarantyn, terwyl siektebeheermaatreëls deur veterinêre dienste toegepas word. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Zweli Silangwe, sê opvolgondersoeke word gedoen om die oorsprong van die siekte, wat buite die beheergebied van Afrika-varkgriep voorkom, op te spoor.

EN

Geen noemenswaardig wydverspreide ryp kan volgende week in die sentrale binneland voorkom wanneer 'n frontale stelsel oor die suidkus van die land beweeg nie. 'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Michael Nethavhani, sê reën kan in gebiede van Oos-Londen en Durban voorkom. Hy sê ryp het in die afgelope twee weke in enkele gebiede in die Vrystaat, waar die kwik tot onder 0 grade Celsius gedaal het in laagliggende of hoogliggende gebiede, voorgekom. Geen omvangryke skade is aangemeld nie.  Volgens hom is daar is geen vooruitsigte vir nóg verspreide neerslae of uiterste koue toestande in die sentrale binneland in die komende week nie. Dit nadat verspreide reën Woensdag in dele van die Vrystaat en die oostelike deel van die Noord-Kaap geval het.  
In onderskeidelik De Aar en Kimberley in die Noord-Kaap is 8mm en 6mm reën gemeet. 13mm reën het in Bloemfontein en 11mm in Ficksburg gemeet is. In Aliwal-Noord in die Oos-Kaap het 19mm reën geval.  



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.