On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Leeus kontrakteer Griekwa-haker

───   14:54 Sun, 28 Sep 2008

Leeus kontrakteer Griekwa-haker | News Article

Bloemfontein. - 'n Reuse terugslag het die Wildeklawer-Griekwas vandeesweek getref nadat dit bekend geword het dat Hans van Dyk (haker) 'n kontrak met die Leeus gesluit het.

Van Dyk se nuus volg kort nadat dit bekend geword het dat Frans Viljoen (flank) hom volgende jaar by die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs sal aansluit. Voorts is dit onwaarskynlik dat Louwtjie Louw (haker) weer na 'n kniebesering rugby sal speel en James van der Walt (haker) is reeds vroeër weg sonder om Griekwas te groet.

Dit was Vrydag ook die laaste keer dat Gareth Krause (flank) Griekwas in Kimberley aangevoer het. Die Bok-sewesspeler het 'n tweejaarkontrak met die Italiaanse klubspan Roma, gesluit.

* Die Bok-haker Adriaan Strauss kan die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs se volgende Curriebeker-wedstryd teen die Boland-Kavaliers in Bloemfontein weens 'n ribbesering misloop wat hy teen die Valke opgedoen het. Dit word wel verwag dat Juan Smith (flank, nek), Chris Rossouw (losskakel, kop), Fabian Juries (vleuel, dyspier) en Hendro Scholtz (flank, oog) vir die Boland-wedstryd oorweeg kan word.

Intussen het dit bekend geword dat die Cheetahs met die Bok-sewesspeler, Danwel Demas, onderhandel om sy loopbaan in Bloemfontein te kom voortsit. Dit nadat dit onlangs bekend geword het dat die senter van Westelike Provinsie, Corné Uys, 'n kontrak met die Cheetahs gesluit het.

* 'n Terugslag het die Griffons se aanspraak in die eersteliga van die Absa-Curriebeker-reeks getref met die Vrystaatse leenspeler, Ronnie Uys, wat voor volgende week se halfeindstryde na Frankryk sal vertrek om hom by Tarbes aan te sluit. Uys en Phillip Lemmer (stut) is vroeër deur die Cheetahs vrygestel om na afhandeling van die Curriebeker hulle loopbane oorsee te gaan voortsit.

Coenie Oosthuizen en Jean Botha van Boland is gekontrakteer om hulle plekke vol te staan. Die direksie van die Griffons vergader intussen Dinsdag om 'n finale besluit oor hulle hoofafrigter te neem. Dit aangesien Harry Pienaar se kontrak einde Oktober verstryk met 'n aanspraakmaker soos Phil Pretorius wat hom vandeesweek aan die wedloop onttrek het. - Hendrik Cronjé

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.