On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Kinderpornografie: Meer as 1,2 miljoen prente op Suid-Afrikaner se toestelle gevind

───   09:32 Sat, 24 Feb 2024

Kinderpornografie: Meer as 1,2 miljoen prente op Suid-Afrikaner se toestelle gevind | News Article
Foto: Mossel Bay Advertiser

“Die staat staan borgtog teen omdat hulle nie die verdagte se bewegings sal kan monitor as hy vrygelaat word nie.”

Die ondersoekbeampte in die saak teen ’n 25-jarige man van Mosselbaai, wat van die besit van kinderpornografie aangekla word, moet nog deur meer as 1,2 miljoen prente werk wat op agt toestelle gevind is.

Dit sluit in selfone, skootrekenaars en geheuestokkies wat in die verdagte se huis in Da Nova gevind is.

Die verdagte is in 'n gesamentlike operasie deur die polisie se Reeks- en Elektroniese Misdaadeenheid en die Amerikaanse Departement van Binnelandse Sake (Homeland Security Investigations van die Amerikaanse Ambassade) in hegtenis geneem. 

Die ondersoekbeampte, kapt. Franco Bestbier, het Vrydag in die Mosselbaai-landdroshof getuig dat die verdagte op 2 Februarie in hegtenis geneem is nadat die Amerikaanse departement sy selfoon ontleed het en minstens 48 beelde van kinderpornografie op dié toestel gevind het.

Kapt. Franco Bestbier. Foto: Mossel Bay Advertiser

Die Mossel Bay Advertiser berig Bestbier, wat al verskeie sake van kinderpornografie in sy loopbaan van 34 jaar hanteer het, het aan die hof gesê hy kon slegs na 3 van die 48 foto’s kyk omdat dit vir hom traumaties was. Hy het aan die hof gesê die foto’s was eksplisiet. Daar moet nog deur die ander toestelle gewerk word.

Bestbier het gesê die staat staan borgtog teen omdat hulle nie die verdagte se bewegings sal kan monitor as hy vrygelaat word nie.

Hy het gesê die minimum vonnis is vyf jaar tronkstraf vir elke aanklag teen die verdagte, en dat hy tans ’n minimum van 48 aanklagte in die gesig staar. Bestbier het bygevoeg dat hy dalk sal wil vlug en dus ’n vlugrisiko is.

Die saak is tot 13 Maart uitgestel en die verdagte bly in aanhouding.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.