Agri Hour
Innoverende tegnologie gebruik om renosterstropery te beveg─── 06:39 Mon, 19 Aug 2019

Daar word sowat 1000 renosters per jaar in Suid-Afrika gestroop.
Dit is volgens die organisasie Save the Rhino, en hoewel tegnologie wel gebruik word as voorkomingsmaatreëls, was niks sover bekend doeltreffend genoeg gewees nie. Daar is egter nou nuwe innoverende intydse tegnologie wat deur dr. SP le Roux, uitvoerende hoof van Rouxcell Technology, ontwikkel is. Le Roux het 'n doktorsgraad in elektroniese ingenieurswese en glo sy tegnologie kan werklik ‘n verskil maak in die stryd teen renosterstropery.
Hy sê hierdie tegnologie is nie net kleiner in ontwerp nie, maar het ook ‘n langer batterylewe. Le Roux se tegnologie maak gebruik van kunsmatige intelligensie, om die gedragspatrone van die renosters te leer. Mettertyd bepaal die tegnologie presies wat elke renoster se normale dag-tot-dag optrede en gedrag is, en wanneer daar dan enige afwykings of abnormale gedrag is, soos wanneer die dier bedreig word, word ‘n sein gestuur na ‘n kontrolekamer sodat opgetree kan word.
OFM-nuus se Vernon Baumann het met Le Roux gepraat…
Sien aangehegte skakel...
Dit was dr. SP le Roux, uitvoerende hoof van Rouxcel Technology.
OFM-nuus/Vernon Baumann