On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Landboubedryf verbruik water verantwoordelik, sê #AgriSA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:45 Mon, 25 May 2020

 Landboubedryf verbruik water verantwoordelik, sê #AgriSA | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou (VL)

Die korrekte verbruik van water in die landboubedryf is noodsaaklik en van groot belang.


Produsente se waterregte moet in plek wees en landbouwater moet doeltreffend gemeet word. Dit is volgens Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, wat meen boere moet die water waaroor hulle beskik, ooreenkomstig die regte wat hulle het, goed bestuur. Hy sê georganiseerde landbou is gekant teen die onverantwoordelike verbruik van water. Kritzinger meen egter landbouwater in sy mening word wel optimaal vir produksie deur die bedryf verbruik om voedselsekuriteit in die land te handhaaf. Hy is van mening dat water nie onverantwoordelik deur die bedryf verbruik word nie.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit kom nadat Agri SA 'n belangrike rol gespeel het ten opsigte van verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsektor vir die 2020/21-boekjaar. Dié rouwatertariewe is meer as 'n week gelede amptelik deur die Departement van Water en Sanitasie gepubliseer. Kritzinger sê dié organisasie het verlede jaar tydens 'n sektor-spesifieke konsultasie gevra dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk word, en nie 'n 50%-styging insluit soos wat aanvanklik voorgestel is nie.

Hy sê die inflasieverhoging dra by dat daar 'n styging van 16,5% maksimum op water sal wees. Dit kom op die regte tyd vir die landboubedryf, omdat insetkoste dramaties gaan toeneem  weens die verswakking van die rand weens die Covid-19-pandemie. Volgens hom gaan die beperkte tariefverhogings die negatiewe impak op landbou verlig.

Dit was Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbonne.


OFM-nuus











Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.