On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Schweizer-Reneke se boere stroop volstoom ná goeie seisoen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 04:30 Fri, 29 May 2020

Schweizer-Reneke se boere stroop volstoom ná goeie seisoen  | News Article
FOTO: Agrink

Talle boere in somergraanproduksie-gebiede in die sentrale deel van Suid-Afrika is hard aan die werk om hul oeste te stroop.


Joseph du Plessis, van die Locklore gemengde-famielieboerdery by Schweizer-Reneke in Noordwes, sê dit is sover 'n geseënde seisoen ten opsigte van gunstige klimaatstoestande. Hy sê dit het goed gereën en hulle kon vroegtydig binne die optimale plantvenster hul somergewasse aanplant. Du Plessis sê buiten die boere se veevertakking, plant hulle mielies, sojabone, katoen en sonneblom aan. Hy het het al twee weke gelede begin om sy mielieoes te stroop... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

Hy sê klimatologies-gesproke was dit 'n goeie seisoen. Hulle het reeds in middel November genoeg reën gehad om vir die eerste keer in jare met hul aanplantings in middel November te begin. Dié aanplantings is in middel Desember afgehandel. "Ons gewasse is presies op skedule en dit het baie mooi gereën deur die seisoen," sê hy. Die verspreiding en tydigheid van die reën was goed en die oes op sy landerye sien goed daarna uit. Daar is wel enkele graadprobleme ten opsigte van mielies wat dié seisoen op dieselfde landerye aangeplant is as die vorige seisoen. Daar is enkele graadprobleme en van sy mielies is van 'n WM2-graadgehalte. Op die landerye waar daar nie vorige mielieaanplantings was nie, maar ander gewasse soos sojaboon aangeplant is of oorstaanlanderye was, is die graangehalte WM-1.   

Hy sê daar is ook in die stadium geen probleme met die inry van mielies nie. Die proses word deur NWK hanteer en hulle vervoer die gestroopte gewasse na Delareyville. 

Daar is egter ietwat kommer oor die beskikbaarheid van diesel, maar Du Plessis is hoopvol dat dié probleem ten opsigte van dié tekort spoedig opgelos gaan word sodat produsente nie vashaak in oestyd weens 'n gebrek aan die diesel nie. 

Du Plessis sê hulle het ook 'n goeie jaar ten opsigte van sy sojaboon- en katoen-aanplantings.



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.