Agri Hour
Prys van beeste op veilings styg, terwyl kleinveepryse daal─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:35 Thu, 06 Aug 2020
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê die prys van beeste styg steeds op veilings, terwyl die prys van kleinvee 'n afname getoon het. Daarmee saam verwys hy na die prys van lewende hawe in Suid-Afrika se buurland, Namibië, wat aansienlik hoër is teenoor die Suid-Afrikaanse prys. In Namibië verkoop speenkalwers wat lig weeg en van goeie gehalte is teen sowat R40 per kg.
Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R36,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R34,86 en speenkalwers oor 250kg het teen R31,87 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - Geen
B-klas beeste - R22,30 per kg
C-klas vet koeie - R20,87 per kg
Maer koeie - R18,00 per kg
Slagbulle - R22,41 per kg
Skape
Stoorlammers - R44,92 per kg
Slaglammers - R41,17 per kg
Stoorskape - R26,82 per kg
Vetskape - R28,10 per kg
Bokke
Lammers - R42,33 per kg
Ooie - R30,00 per kg
OFM-nuus