On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Plaasmoorde: TLU SA en Agri SA vat nou hande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:44 Thu, 06 Aug 2020

#Plaasmoorde: TLU SA en Agri SA vat nou hande | News Article

Die regering en meer spesifiek pres. Cyril Ramaphosa se uitsprake en die breek van sy stilswye oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes moet nie slegs by praat bly nie.

  

Daadwerklike optrede word geëis. Dit is volgens Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, wat meen die toename in die voorvalle, wat nou meer wreed word en op bejaardes en weerloses gerig is, moet deur die regering aangespreek word. Daarmee saam moet landbou-organisasies saamwerk. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen organisasies in die landboubedryf moet nou saamwerk om sodoende te verhoed dat dié tragiese voorvalle plaasvind. Daar moet gesamentlik meer druk geplaas word op die regering. In dié verband verwys hy na TLU SA wat nou hande vat met Agri SA. Dié twee organisasies werk reeds op 'n goeie grondslag saam. Dit is belangrik want aan die einde van die dag gaan dit oor voedselsekerheid en om kos vir die land se mense te produseer. Almal in Suid-Afrika word daardeur geraak, sê hy. TLU SA en Agri SA vergader vandag oor die landelike veiligheidsituasie. 

Geldenhuys sê dit is vir dié organisasie positief om saam met ander organisasies te werk sodat samewerking uit 'n breë veld kom.  

Hy doen ook opnuut 'n beroep op boere om op grondvlak in hul onderskeie gebiede oor die land heen by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit. Veiligheid begin ook by individue en hul gesinne self. Daarna moet veiligheidsmaatreëls in plek wees in gemeenskappe, wat dan uitbrei in groter distrikte. Veiligheidsmaatreels sal deur mense op hul plase in plek gestel moet word, daarna moet bure op mekaar fokus en dan moet dit uitbrei na groter gebiede om plaasaanvalle te verhoed, sê hy. 

Geldenhuys vra boere om ook hulself te bewapen en hul vuurwapens slegs te gebruik as dit binne die raamwerk van die wet is.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.