On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Wolmark ervaar daling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:31 Fri, 04 Sep 2020

Cape Wools SA: Wolmark ervaar daling | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die derde nasionale wolveiling van die 2020/21-seisoen het vandeesweek weer hervat nadat daar verlede week 'n onderbreking in die veilingskalender was. Luidens die verslag is 638 bale van die 10 152 bale wat aangebied is, onttrek.  'n Verdere 715 bale is tydens die veiling weens  negatiewe marksentiment in Australië onttrek. Die Australiese mark het onderskeidelik 1,7%  en 7,6% die afgelope twee weke agtereenvolgens afgeneem.

Die algehele verkoopspersentasie was 82,6%, met 'n daling van 9,9% in terme van die Rand-waarde en 'n daling van 7,2% in terme van die Amerikaanse Dollar. Goeie mededinging het geheers vir lang fynwol, wat beter as die markgemiddeld presteer het. Volhoubare geproduseerde wol het ook goed gevaar. Alle ander groepe wol was egter onder druk, veral  medium sterk wol wat die grootste gedeelte van die aanbod verteenwoordig het. Die vernaamste kopers was weer Standard Wool SA (2 360), Tianyu SA (1 562), Modiano SA (1 475) en Lempriere (1 437).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg: 18,0 mikron daal met 6,2% en sluit teen R150,74 per kg; 18,5 mikron neem af met 5,4% en sluit teen R137,06 per kg. 19 mikron tipes het ook met 7,8% verlaag en teen R129,73 per kg gesluit, terwyl 19,5 mikron tipes  met 9,4% verswak het en teen R122,30 per kg gesluit het. 20 mikron tipes het met 9,2% afgeneem en op R121,06 per kg gesluit. 

20,5 mikron tipes het met 8,5% verswak en op R117,88 per kg verswak, terwyl 21,0 mikron tipes met 9,1%  verlangsaam het en op R118,10 per kg gesluit het. 21,5 mikron het met 8,2% afgeneem en op R118,53 per kg gesluit, terwyl 22 mikron tipes 'n daling van 10,5% getoon het en op  R112,36 per kg gesluit. 22,5 mikron tipes het met 12,4% verswak en op op R105,47 per kg gesluit.  Daar word meer as 7 300 bale op die volgende veiling volgende week verwag.


OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.