On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes Equipment ontsluit waarde met tegnologie, langtermyn-vennootskappe

───   11:00 Mon, 12 May 2025

Sponsored11:00 Mon, 12 May 2025
Senwes Equipment ontsluit waarde met tegnologie, langtermyn-vennootskappe | News Article
Ferdie Pieterse. Foto verskaf

Senwes Equipment, ’n sleutelspeler in landboumeganisasie, is weer prominent teenwoordig by vanjaar se NAMPO Oesdag, en beklemtoon die belangrikheid van tegnologiese vooruitgang en strategiese samewerking met produsente.

Ferdie Pieterse, besturende direkteur van Senwes Equipment, sê die jaarlikse landbou-ekspo is veel meer as net ’n vertoonvenster – dit is ’n kritiese beplanningspunt vir produsente en verskaffers.

“Die grootste waarde van NAMPO lê in die direkte interaksie met produsente. Hier ontmoet boere en vervaardigers mekaar op een terrein, waar daar toegang is tot die nuutste toerusting, tegnologie en spesiale aanbiedinge. “Dit is ook ’n belangrike geleentheid om saam met produsente te begin beplan vir die volgende plantseisoen.”

Op die John Deere-standplaas, reg langs die bekende Senwes-uitstalruimte, kan besoekers vanjaar uitsien na die bekendstelling van die kragtige 9RX 830 – met 830 perdekrag – die grootste trekker in sy klas, en vir die eerste keer in Suid-Afrika te sien. Ook op uitstalling is ’n opgegradeerde weergawe van die gewilde 6M-trekkerreeks en verskeie gevorderde data- en telemetriestelsels soos JDLink en die John Deere Operation Centre.

Pieterse beklemtoon Senwes Equipment verkoop nie slegs produkte nie, maar werk ook aktief saam met produsente om praktyke te verbeter deur doeltreffende data-analise en strategiese aanbevelings. “Ons wil produsente help om winsgewender en meer volhoubaar te boer – veral in die lig van hedendaagse uitdagings soos veranderende klimaat, wisselkoerse en stygende insetkoste.”

Die langtermynvisie van Senwes Equipment bly om ’n strategiese vennoot vir boere te wees – een wat waarde toevoeg deur tegnologie, ondersteuning en kundigheid.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.