On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes los nuwe spore in landbougemeenskap

───   11:00 Fri, 16 May 2025

Sponsored11:00 Fri, 16 May 2025
Senwes los nuwe spore in landbougemeenskap | News Article

Werklike transformasie begin wanneer produsente en hul gemeenskappe saam sterker word. “Dít is wanneer ons werklik nuwe spore los.”

Só vertel Debbie Bester, vroeër aangewys as die nuwe hoof uitvoerende beampte van die Senwes Groep, vertel haar leierskap is gemik op langtermyn-impak, vennootskap en volhoubare groei in die landbousektor.

Bester, die eerste vroulike uitvoerende hoof in Senwes se geskiedenis, stel haar visie duidelik in lyn met die maatskappy se nuwe slagspreuk: ‘Los nuwe spore.’ “Ons het vir meer as 20 jaar grond gebreek. Maar nou gaan dit oor die spore wat ons nalaat – in ons kliënte se lewens, in ons gemeenskappe, en in die breër landbou-ekosisteem.”

Volgens haar lê die toekoms van Senwes nie net in markleierskap nie, maar in die skep van veerkragtige en inklusiewe oplossings vir produsente en afnemers. “Om werklik nuwe spore te los beteken dat ons nie net oplossings moet verskaf nie, maar ’n kultuur moet kweek waar elke werknemer en kliënt voel hulle bou saam aan iets groter.”

Bester beklemtoon Senwes se tradisie van visiegedrewe strategie en innovasie sal versterk word met groter fokus op praktiese oplossings. “Ons gaan verder belê in tegnologie, inligting en mense – alles met die doel om produsente toe te rus om hul eie toekoms te herontwerp en suksesvol te wees in ’n veranderende wêreld.”

Wat gemeenskappe betref, sê sy volhoubare landbou gaan nie net oor winsgewendheid nie, maar oor die breër rol van boerdery in voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling. “As ons na ons gemeenskappe omsien weet ons dat ’n gesonde gemeenskap ’n gesonde besigheid bou. Ons sal voortgaan om projekte soos AgriRewards Plus, die Senwes Spinners-program, plaasskoolondersteuning, groentetuininisiatiewe en infrastruktuurprojekte soos padskrapers te ondersteun.”

OFM Agri

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.