Agriculture
Brangus SA: 60 jaar van gehalte, aanpasbaarheid en winsgewendheid─── 08:09 Tue, 13 May 2025
Sponsored08:09 Tue, 13 May 2025
In ’n mark waar winsgewendheid en aanpasbaarheid tel, staan Brangus SA as ’n beproefde wenner. Dié geharde poenskopvleisbeesras word reeds sedert 1965 in Suid-Afrika geteel en is al meer as 40 jaar lank ’n geregistreerde ras in die land.
Brangus is ontwikkel uit twee wêreldklasrasse – die Angus en Brahman – en kombineer die beste eienskappe van beide.
Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Kinnear Geldenhuys, tegniese veldadviseur van Brangus SA.
__________________________________________________________________________
Die alles-in-een ras
Wat Brangus uniek maak, is sy genetiese samestelling: van die Angus kry die ras uitstekende vleiskwaliteit, goeie uierontwikkeling en natuurlik die poenskopgeen, wat arbeid bespaar en die hantering van diere vergemaklik. Die Brahman bring weer gehardheid, ’n goeie haarkleed, loopvermoë en uitstaande moedereienskappe na die tafel.
Hierdie kombinasie maak Brangus die ideale ras vir ekstensiewe boerderypraktyke – en die enigste sintetiese poenskopvleisbeesras in Suid-Afrika.
Voordeel vir beesboere
Brangus-bulle dra daartoe by dat tot 75% van hul nageslag poenskopkalwers is – ’n groot voordeel vir boere, veral by voerkrale waar hierdie diere in aanvraag is. Boonop presteer Brangus-vroulike diere uitstekend in ander rasse se teelprogramme, wat hul aanvraag verder versterk.
Die ras is nie ’n haltermak skouende een nie – die fokus is op praktiese, funksionele diere wat in enige streek of klimaat in Suid-Afrika kan aanpas en steeds winsgewend bly. Brangus-koeie is bekend vir hul goeie konstitusie en die vermoë om selfs onder uitdagende toestande te presteer.
Kom ontmoet ons by Nampo – en by ons nasionale veiling!
Brangus SA nooi alle belangstellendes uit om hulle in die beeskafee-kompleks by Nampo te besoek en van naderby kennis te maak met dié unieke ras. Vir meer inligting, besoek Brangus SA op Facebook of op hul webwerf, of kontak Kinnear direk by 076 191 4318.
Moenie ons 40ste Nasionale Veiling misloop nie!
Sluit aan op 6 Augustus 2025 by die Afridome in Parys, waar sowat 60 bulle en 40 vroulike diere aangebied sal word in samewerking met Vleissentraal en Meerkat.
Brangus – die alles-in-een ras vir die moderne beesboer.
OFM Agri mvh