On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Skietvoorval, wat lewens van twee boere en ‘n polisiebeampte eis, is tragies - #Vrystaat-Landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Tue, 15 Jan 2019

Skietvoorval, wat lewens van twee boere en ‘n polisiebeampte eis, is tragies - #Vrystaat-Landbou | News Article

Vrystaat Landbou (VL) se vise-president en voormalige voorsitter van dié organisasie se landelike veiligheidskomitee, Tommie Esterhuyse, sê die voorval waarin twee boere en ’n polisiebeampte naby Koffiefontein in ‘n skietery dood is, is betreurenswaa


Dit is hartseer dat ‘n boer verantwoordelik is vir die dood van ‘n medeboer asook ‘n polisiebeampte. 

Dit kom nadat Paul Nel verlede Donderdag laataand koelbloedig op sy plaas in dié distrik deur sy buurman, Coenie Badenhorst, doodgeskiet is. Die polisie het ook op die toneel opgedaag en ‘n skietery het tussen Badenhorst en polisiebeamptes ontstaan.

 'n Polisiebeampte, Vyani March, is op die toneel dood, terwyl sy kollega, George Calvert, gewond en na 'n hospitaal in Kimberley vervoer is.

Calvert se toestand is steeds onbekend. Volgens die polisie het Badenhorst al voorheen vir Nel gedreig. Esterhuyse, wat ook die voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid is, sê na wat verneem word was daar konflik tussen Nel en Calvert, maar hy het nie meer feite daaroor nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat…



Dit was Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat-Landbou…


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.