Agri Hour
SA gaan nie binnekort sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry nie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:17 Thu, 17 Jan 2019
Suid-Afrika gaan heel waarskynlik eers teen volgende jaar sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry.
Dit kom nadat die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid, oftewel die OIE, weens die uitbreking van dié virrussiekte in die Vhembe-distrik in Limpopo, Suid-Afrika se status tydelik opgeskort het. Daar is nou ‘n verbod op die uitvoer van produkte van diere met ‘n gesplete hoef, wat onder meer beeste, skape, bokke, varke en wild insluit. Die Nasionale Dieregesondheidsforum se besturende direkteur, Pieter Vervoort, sê die OIE vergader een keer per jaar, gewoonlik in Mei, so die kans dat dié organisasie Suid-Afrika se status voor Mei volgende jaar gaan herstel, is skraal.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Dit was Pieter Vervoort, die besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus
