Agri Hour
Sommige boere kon wel mielies plant in Ottosdal, maar opvolgreën nou nodig─── 05:59 Mon, 21 Jan 2019
In hierdie OFM-agrinuusinsetsel praat OFM se Pieter Möller met Jaco Bamberger van die Ottosdal-distrik in Noordwes oor die toestande tans.
Bamberger sê boere het begin met aanplantings nadat hulle op 30 Desember, verlede jaar, goed gereën het. Daar is boere wat nie klaar kon plant nie en hy beklemtoon die belang van opvolgreën wat nou broodnodig is.
OFM-agrinuus word aan jou gebring deur NWK. Jou greep op die mark.
