Agri Hour
Slegs twee beeste toets positief vir bek-en-klouseer in Limpopo, talle word ingeënt─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:31 Tue, 22 Jan 2019
Alle betrokkenes wat bemoeid is met ‘n bek-en-klouseer-uitbraak in die Vhembe-gebied in die verre noordelike deel van Limpopo, werk nou saam om die uitbreking te beheer.
Die Rooivleisprodsente-organisasie, oftewel die RPO, sê hy ondersteun die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om dié gebied op ‘n volgehoue basis te monitor en om vas te stel of daar nog diere is wat positief vir dié virrussiekte toets.
Diere word steeds ingeënt. Hy sê volgens die RPO se inligting het slegs twee beeste positief vir bek-en-klouseer getoets, terwyl 15 000 diere geraak en nou ingeënt word. Daarmee saam het die Wêreldorganisasie vir Diere-gesondheid,oftewel die OIE, Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status ná dié uitbreking tydelik gestaak.
Die uitvoer van Suid-Afrikaanse rooivleisprodukte na ander lande is daarmee saam tydelik gestop.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst, gepraat…
Dit was die Rooivleisprodusente-organisasie se voorsitter, Koos van der Ryst, slegs op OFM.
Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn wanneer Van Der Ryst praat oor die invloed van die knellende droogte op dié bedryf. Hy gee ook ‘n bemoedigende boodskap aan produsente.
OFM-nuus
