On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Dieselskenking bring hoop vir sommige Bultfontein-boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:42 Tue, 22 Jan 2019

Dieselskenking bring hoop vir sommige Bultfontein-boere | News Article
FOTO: Volla du Plessis

Talle boere in die Bultfontein-gebied in die Vrystaat is platgeslaan deur die voortslepende droogte.


 

Hulle bevind hulself in ‘n geldelike verknorsing. Daar is boere wat nie kon plant weens té min of geen reën en diegene wat dit wel gewaag het om te plant se mielie- en sonneblom- aanplantings het misluk weens die  bloedige hitte en min grondvog. ‘n Skenking van sowat 60 000 liter diesel ter waarde van sowat R700 000, wat deel vorm van die inisiatief, Droogtehulp met Burre Burger, en John Deere SA, het egter ‘n greintjie hoop vir dié boere gebring. 

Die meer as 70 boere, aan wie diesel geskenk is, is lede van die Bultfontein-bewusmakingskomitee. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Andries du Plessis senior, 'n saaiboer, van die gebied gepraat, oor die skenking wat Vrydag plaasgevind het…



Dit was Andries du Plessis ‘n saaiboer van die Bultfontein-distrik in die Vrystaat. Skakel Woensdagoggend in wanneer Du Plessis verder gesels oor nóg ‘n inisiatief wat op die been gebring is om boere in die bedryf te behou en hulle uitdagings aan te spreek. 


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.