Agri Hour
Bek-en-klouseer: Inenting vorder goed in Limpopo─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Wed, 23 Jan 2019
Die inenting van beeste in die Vhembe-siektebeheergebied in Limpopo waar bek-en-klouseer uitgebreek het, vorder goed.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê ‘n paar duisend beeste in nege dorpies in dié gebied is al teen dié virrussiekte ingeënt. Woordvoerder van die departement, Khaye Nkwanyana, sê sover het tientalle beeste positief vir bek-en-klouseer getoets. Altesaam sewentien spanne is verantwoordelik vir die inenting van diere,
terwyl vier spanne buite die gebied werksaam is om die omvang van die uitbreking te bepaal. Daarmee saam is bek-en-klouseer in twee dorpies bevestig.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nkwanyana gepraat.
Dit was Khaye Nkwanyana, woordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn wanneer Nkwanyana verder gesels oor die vordering van die taakspan wat aangewys is om met Suid-Afrika se handelsvennote te kommunikeer oor uitvoergeleenthede nadat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondeheid, oftewel die OIE, Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye-status tydelik opgeskort het.
OFM-nuus
