Agri Hour
Droogtetoestande ook nou kritiek in die sentrale deel van die Noord-Kaap─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Tue, 29 Jan 2019
Die droogtesituasie is kritiek in die Noord-Kaap en ‘n groter deel van dié provinsie word nou geraak.
Agri SA se droogteverslag, wat bekendgemaak is en waarin die stand van die droogte en die impak daarvan op die landboubedryf vervat word, toon die situasie in die Noord-Kaap is uitermatig sleg met ondergemiddelde reënval, lae damvlakke en swak grondvoginhoud wat voorkom. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê daar is gebiede in die provinsie wat nog geensins reën gehad het nie en daar is groot kommer oor veral weidingstoestande in dié provinsie.
Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 wanneer Jansen verder praat oor die situasie waarin besproeiingsboere verkeer in die droogtegeteisterde Noord-Kaap.
OFM-nuus
