On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Beweerde korrupsie met grondhervorming kom nie as verrassing, sê TLU SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:11 Wed, 30 Jan 2019

Beweerde korrupsie met grondhervorming kom nie as verrassing, sê TLU SA | News Article
Louis Meintjes TLU SA Foto: Verskaf

Die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU SA, meen dit is nie verrassend dat daar beweerde bedrog en korrupsie in die grondhervormingsproses is nie.


Dit kom nadat Rapport berig het oor ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) waarin daar onder meer beweer word dat 58 plase deur korrupsie en bedrog verkry is sonder dat daar enige ware grondeisers betrokke was. TLU SA se president, Louis Meintjes, sê dié organisasie is sedert 2000 al bewus van dié situasie.

Hy meen grondhervorming, transformasie, ekonomiese bemagtiging en kaderontplooiing kom kollektief neer op staatskaping en dit is 'n algemene tendens van die regering om nie sy plig as regeerder van Suid-Afrika na te kom nie, en eerder die staatskas te plunder vir selfverryking.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Dit was TLU SA se president, Louis Meintjes, op Before Dawn.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.