On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Die omvang van die droogte in die Noord-Kaap té groot, regeringshulp is nodig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:18 Wed, 30 Jan 2019

Die omvang van die droogte in die Noord-Kaap té groot, regeringshulp is nodig | News Article
Veevoerskenkings deur die organisasie Gift of the Givers FOTO: Verskaf

Landbou-organisasies soos Agri Noord-Kaap is dankbaar vir skenkings deur onafhanklike organisasies en weldoeners aan boere in droogtegeteiserde gebiede.


Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê hulp wat verleen word, veral in die vorm van veevoer deur die publiek, is waardevol en Agri Noord-Kaap ondersteun dit in terme van die regverdige verspreiding van die skenkings aan boere wat hulp benodig. Jansen sê die omvang van die droogte in dié provinsie is egter té groot om die ramp sonder droogtehulp vanaf die regering te oorkom.


(VIR DIE WEB: Hy sê die watervlakke van damme en riviere wat besproeiingsgebiede in die Noord-Kaap voed, is bevredigend en is tans ‘n stabiliseerder in die bedryf, veral met betrekking tot swak mielieproduksie in ander gebiede.)  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


PRESENTER OUTRO:  Dit was Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Om na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.