Agri Hour
Saaiboere kwyt hulle goed van hul taak met mielieaanplantings─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Fri, 01 Feb 2019
Saaiboere, veral in die westelike deel van die land, het hulle besonders goed van hul taak gekwyt om in minder gunstige planttoestande steeds voort te gaan met veral mielie- en sonneblomsaad-aanplantings.
Só meen Luan van der Walt, ‘n ekonoom van Graan SA (GSA), nadat die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) Dinsdag sy voorlopige oppervlakteskatting vir somergraangewasse vrygestel het. Van der Walt sê die verwagting in die mark vir die oppervlakte onder mielies was minder as die NOK se voorlopige skatting.
Die algemene verwagting was dat die oppervlakteskatting laer gaan wees weens verskeie faktore soos weerstoestande wat gelei het tot laat aanplantings wat aan die orde van die dag was.
Christal-lIze Muller het met Van der Walt gepraat…
Dit was n ekonoom van Graan SA (GSA) Luan van der Walt.
OFM-nuus
