Agri Hour
Noordwes-plaasmoord, aanvallers vermoedelik in Botswana─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Tue, 05 Feb 2019
Die polisie in Noordwes soek steeds na drie aanvallers in verband met die skietdood van die 69-jarige Gesina Bruwer.
Sy is verlede Vrydagoggend koelbloedig in haar plaashuis in die Vorstershoop-gebied vermoor, terwyl haar man, Pierre, buite op die plaas was. Hy het egter later op haar lyk afgekom. Die egpaar se huiswerker is ook ontvoer, maar het later veilig teruggekeer na die plaas.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met ‘n polisiewoordvoerder, Adele Myburg, gepraat…
Dit was ‘n polisiewoordvoerder in Noordwes, Adele Myburg.
OFM-nuus
