Agri Hour
TLU SA: Suid-Afrika benodig ‘n landbouvriendelike regering─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Tue, 05 Feb 2019
Die Transvaalse Landbou-unie, oftewl TLU SA, sê die polisie se gesindheid jeens die landbougemeenskap is negatief en daar moet harder gewerk word om dit te verander.
TLU SA se president, Louis Meintjes, sê Suid-Afrika het nie ‘n landbouvriendelike regering nie. Moorde en aanvalle op boere, plaaswerkers en hul gesinne word nie deur die polisie uitgesonder nie al is dit uiters noodsaaklik dat kosprodusente behoue bly vir Suid-Afrikaanse verbruikers.
Daarmee saam sê Meintjes dit is geen troos dat dié organiasie se syfers verlede jaar 'n geringe afname in moorde op plase en kleinhoewes getoon het. Dié misdrywe bly steeds onaanvaarbaar. Volgens hom is dit ook kommerwekkend dat die verspreiding van moorde meer in provinsies soos die Oos-Kaap en Wes-Kaap voorkom waar dit voorheen nie gereeld plaasgevind het nie. Die fokus was voorheen meer op Gauteng, die Vrystaat en die noordelike provinsies, soos Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook kommerwekkend dat bejaarde mense en plaaswerkers meer geteiken word.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meintjes gepraat…
Dit was Louis Meintjes, president van die Transvaalse Landbou-unie, oftewl TLU SA,slegs op Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus
