On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Regering en georganiseerde landbou werk saam aan ‘n Vrystaatse sakeplan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:17 Mon, 18 Feb 2019

Regering en georganiseerde landbou werk saam aan ‘n Vrystaatse sakeplan | News Article
Benny Malakoane, LUR van Landbou in die Vrystaat. FOTO: OFM-nuus

Die Vrystaat is twee weke gelede as ‘n droogterampgebied verklaar.


Die provininsiale LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, Benny Malakoane, het dít Donderdag tydens ‘n regeringsbesoek aan boere in die droogtegeteisterde Bultfontein-distrik bevestig. Malakoane het die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela en onder meer die LUR vir Tradisionele Sake en Samewerkende Regering, Oupa Khoabane, vergesel om aan hulle die geleentheid te gee om hulself van die situasie op grondvlak te vergewis. Dit is gedoen deur ‘n voorlegging oor die situasie en uitdagings deur Vrystaat Landbou (VL) se bedryfshoof, dr. Jack Armour.

Malakoane het ook gesê ‘n sakeplan sal binnekort in samewerking met georganiseerde landbou vir die Vrystaat saamgestel word om te verseker dat die landboubedryf volhoubaar is en groei.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het die geleentheid bygewoon. Aan die woord is Malakoane…



Dit was Benny Malakoane, LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, in die Vrystaat.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.