Agri Hour
DA soek duidelikheid oor regeringshulp aan boere in droogtegebiede in die Vrystaat─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:21 Thu, 21 Feb 2019
Die DA in die Vrystaat sê boere wat in die nood is weens die voortslepende droogte het nou die regering se ondersteuning nodig.
DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, sê die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het Dinsdag in Bloemfontein in haar provinsiale rede aangekondig dat ‘n noodtoestand weens die droogte in die provinsie verklaar is.
Dít gaan aan die regering die geleentheid gee om landbouhulpbronne aan boere te verskaf, maar Jankielsohn wil by die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Benny Malakoane, weet hoe die regering hulp aan boere gaan verleen.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat…
Dit was Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer.
OFM-nuus
