Agri Hour
#Begroting2019: Té min geld toegeken aan grondhervormingsprojekte─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:23 Fri, 22 Feb 2019
Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het in sy eerste begrotingsrede ‘n stap in die regte rigting geneem in terme van geld wat aan grondhervormingsprojekte toegeken is.
Dit is ‘n begin, maar steeds nie voldoende nie. Die geld wat vir dié projekte beskikbaar gestel is, is maar ‘n druppel aan die emmer van wat nodig is vir Suid-Afrika om in dié verband volhoubaar te wees. Só sê FNB se hoof van landbou-inligting en -bemarking, Dawie Maree, wat meen al het kommersiële landbou nie veel direk uit die begroting ontvang nie, is daar positiewe punte wat uitgelig kan word. Dit sluit die bestaande dieselrabat in. Hy sê geld wat beskikbaar gestel is vir gegradueerde veeartse is ook goed.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maree gepraat…
Dit was Dawie Maree, FNB se hoof van landbou-inligting en –bemarking, slegs op Before Dawn.
OFM-nuus
