On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Nuwe organisasie fokus op die belang van alle boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:47 Mon, 04 Mar 2019

Nuwe organisasie fokus op die belang van alle boere | News Article
Theo de Jager en Francois Rossouw FOTO: Verskaf

'n Landboubelangnetwerk vir boere, deur boere, is in Pretoria bekendgestel.


Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, is daartoe verbind om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiebedryf te beskerm en te bevorder. Dit poog om ook strategiese oplossings vir onmiddellike landbouprobleme te vind. Die organisasie het nie bande met politieke partye nie, maar wil ‘n ondersteuningsraam vir alle boere in plek stel. Die presedent van die Wêreldlandbou-organisasie, dr. Theo de Jager, is die voorsitter van die Saai-direksie met ‘n regskundige, Francois Rossouw, wat die uitvoerende hoof is.

Saai is in die proses om samewerkings- en werkooreenkosmte met verskeie landbou-ondernemings, bedryfsorganisasies en navorsingsinstellings te formaliseer. Die burgerregte-organisasie, AfriForum, is reeds aan boord.

 OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Jager gepraat…



Dit was  dr. Theo de Jager, voorsitter van Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel Saai.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.