Agri Hour
#Brandstofprys: Diesel is ‘n belangrike landbou-inset─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Wed, 06 Mar 2019
Boere is onder druk met die stygende brandstofprys, veral omdat diesel 'n groot en belangrike landbou-inset vir boere in Suid-Afrika is.
Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, dr. Requier Wait, sê elke keer wanneer die brandstofprys styg, kan boere, wat prysnemers is, nie die prys van hul produkte verhoog nie. Die prys van petrol het om middernag (Woensdag) met 74 sent per liter en die groothandelprys van diesel, met ‘n swaelinhoud van 0.05%, met 91 sent per liter gestyg. Die prys vir diesel, met 'n swaelinhoud van 0,005%, het met 93 sent per liter gestyg. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wait gepraat.
Dit was dr. Requier Wait, hoof van ekonomie en handel, by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
