Agri Hour
OVK-wolmarkverslag: Mark verhandel hoër, maar rand verswak ietwat─── 06:21 Fri, 08 Mar 2019
In hierdie wolmarkverslag, wat moontlik gemaak word deur OVK, praat Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, oor die mark wat vandeesweek hoër verhandel het.
Die Cape Wools merino-aanwyser het met 1,9% en 418 punte gestyg om teen 'n skoonprys van R221,78 per kg te sluit. Die Australiese EMI het ook kop opgetel en met 0, 3% versterk, terwyl die rand vandeesweek teruggesak het teen die vernaamste geldeenhede en het ten tyde van die veiling op vlakke van R14,20 teen die dollar verhandel. Dit is 2,6% swakker, asook 1, 8% swakker teen die euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
Die wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus
