Agri Hour
Soektog na rondloper-leeuwyfie in Noordwes duur voort─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:48 Wed, 29 May 2019
Die rondloper-leeuwyfie, wat vir meer as ‘n week in Noordwes tussen Ottosdal en Lichtenburg gesoek word, is intussen gewaar en haar vars spore is Woensdagoggend gekry.
Tharina Boshoff, waarnemende hoofdirekteur van omgewingsake van die Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling in Noordwes, sê die soektog na die jong leeuwyfie duur voort.
Haar spore is meer as ‘n week gelede deur ‘n boer op ‘n plaas gevind. ‘n Soektog in die Vermaas- en Bospoort-boerderygebied is begin. Boere van die gebied was tot dusver baie behulpsaam.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…
Dit was Tharina Boshoff, waarnemende hoofdirekeur van omgewingsake van die Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling in Noordwes.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
