Agri Hour
Beefmaster-groep: Geleentheid vir SA beesvleis nadat Afrika-varkpes in China uitbreek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:02 Mon, 03 Jun 2019
‘n Vraag na alternatiewe proteïenbronne, soos beesvleis, gaan toeneem met die onlangse uitbreking van die Afrika-varkpesvirus in China.
Enkele uitbrekings het ook in verskeie provinsies in Suid-Afrika, waaronder Noordwes en die Vrystaat, voorgekom, maar raak nog nie plaaslike kommersiële varkboerderye nie. Gert Blignaut, hoof bedryfsbeampte van die Beefmaster-groep, sê China is een van die wêreld se grootste verbruikers van vleis en met die uitbreking van die Afrika-varkpesvirus in dié land gaan dit ‘n geleentheid skep vir die Suid-Afrikaanse beesvleisbedryf, mits Suid-Afrika sy bek-en-klouseervrye status kan terugkry sodat die invoer van vleis deur China uit Suid-Afrika hervat kan word.
OFM–nuus se Christal-Lize Muller het met Blignaut gepraat…
Dit was Gert Blignaut, hoof bedryfsbeampte van die Beefmaster-groep, slegs op OFM.
Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
