Agri Hour
SA kan rouwol na China uitvoer, maar sertifiseringskwessies moet uitgesorteer word─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Tue, 04 Jun 2019
Suid-Afrika wen met die beheer van die bek-en-klouseer virussiekte wat in Januarie vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het.
Dié uitbreking in ‘n bek-en-klouseervrye gebied het daartoe gelei dat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status onmiddellik opgeskort het. Verskeie plaaslike uitvoerbedrywe is in die proses geraak. Die wolbedryf het egter verlede week goeie nuus ontvang - dat rouwol weer na China uitgevoer kan word, maar daar is sekere vereistes daaraan verbonde.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) se algemene bestuurder, Leon de Beer, gepraat…
Dit was Leon de Beer, president van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, slegs op Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
