Agri Hour
Die 20ste De Oude Kraal Wildskosfees weer 'n groot trekpleister─── 07:26 Mon, 10 Jun 2019
OFM se Pieter Möller gesels met die eienaar van die De Oude Kraal Wildskosfees, wat Saterdag buite Bloemfontein plaasgevind het.
Duisende besoekers het toegesak op dié plaas, wat sowat 40 km buite die stad is. Möller het dié geselligheid, wat vanjaar vir die 20ste keer aangebied word, bygewoon en met die eienaar Gerhard Lombard gesels.
Daar was vanjaar talle kosstalletjies waar nie slegs wildgeregte opgedis is nie, maar daar was onder meer skaap, vis bees en varkgeregte ook gewees.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou jongste nuus in die landboubedryf.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
