Agri Hour
Merino-landskaapgenootskap bied inligtingsessie aan─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Mon, 10 Jun 2019
Die merino-landskaapgenootskap bied eersdaags ‘n inligtingsessie aan, wat die pratiese hantering van diere insluit, asook ‘n landskaap-beoordeelaarskursus by Koppies in die Vrystaat.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Erna Hattingh, administratiewe bestuurder by dié genootskap, gepraat…
Dit was Erna Hattingh, administratiewe bestuurder van die merino-landskaapgenootskap. Sprekers op die sessie sluit in Mike van den Berg van BKB, wat gaan praat oor die naspeurbaarheid van wol. Kenneth Botha van Barnlab praat oor voeding en vrugbaarheid, en dr. Danie van Zyl oor die bestuur van inentings by skape. Johan Mouton van Molatek, praat oor skaapbeginsels vir ekstensiewe boerdery en voerkraal-pitkos, terwyl dr. Danica Liebenberg, van Advanced Vector Assessment, gaan praat oor presisie-insekbeheer vir die voorkoming van bloutong en slenkdalkoors. ‘n Praktiese hanteringingsessie word daarna deur BKB aangebied. Die beoordeelaarskursus vind op 13 Junie plaas.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou jongste nuus in die landboubedryf.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
