Agri Hour
Bekendes steun #ProjectSurvivorSouthAfrica─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:09 Tue, 02 Jul 2019
Verskeie bekende Suid-Afrikaners steun “Project Survivor South Africa”, wat daarop gemik is om bewustheid – veral op Amerikaanse regeringsvlak - te skep rondom gru-moorde en aanvalle op plase, kleinhoewes en plattelandse dorpe in Suid-Afrika.
Dié projek is deur ‘n Potchefstroomse prokureur, Willie Jordaan, begin om die ware stand van sake rondom dié voorvalle in Suid-Afrika onder Amerikaners se aandag te bring. Hy sê “Project Survivor South Africa” wil in dié verband uiteindelik president Donald Trump se onverdeelde aandag op Suid-Afrika vestig sodat Amerika ingevolge wetgewing wat reeds in plek is, in Suid-Afrika kan ingryp.
Volgens Jordaan is Tammy Koelling, 'n ondersoekende Amerikaanse joernalis en die uitvoerende hoof van Words Matter Publishing (WMP), deel van die projek. Koelling gaan plaaslike video-opnames van Suid-Afrikaners, wat slagoffers van dié aanvalle insluit, in Amerika versprei en insetsels gaan op ‘n plaaslike televisie-kanaal uitgesaai word. 'n Amerikaanse webtuiste word ontwikkel waar Suid-Afrikaners hul videos kan plaas.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jordaan gepraat…
Dit was Willie Jordaan, wat Project Survivor South Africa begin het. Jordaan sê swart boere kan ook video-opnames oor dié situasie in landelike gebiede verskaf. Vir meer inligting besoek die Facebookblad, Willie Jordaan Attorneys/Prokureurs. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn waar Tammy Koelling, ‘n ondersoekende Amerikaanse joernalis, meer oor die video-opnames verduidelik.
OFM-nuus
