On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#DA-projekte in die Vrystaat kan werk as kommersiële boere betrokke is

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Fri, 05 Jul 2019

#DA-projekte in die Vrystaat kan werk as kommersiële boere betrokke is | News Article

Die DA in die Vrystaat verwelkom die premier, Sisi Ntombela, se benadering tot landbou in die provinsie. Ntombela glo dié bedryf kan die beste groei in die Vrystaat toon en tot werkskepping bydra.


Ntombela het Dindsdag in haar provinisale rede in die Vrystaatse wetgewer in Bloemfontein verwys na verskeie projekte tussen bestaande en opkomende boere in die Vrystaat. In reaksie daarop sê ‘n DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, projekte wat in samewerking met kommersiële boere aangepak word, kan moontlik suksesvol wees.

Volgens hom kan boere nie geblameer word vir die mislukking van grondhervorming in die Vrystaat nie. Dit kom nadat Ntombela gesê het 75% van die provinsie se landbougrond word deur wit mense besit.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…  



Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae in op OFM om 11:00 en 13:30 vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.