On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Brangus-veldbulklub bewys jong bulle word vetter op natuurlike weiding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:01 Tue, 09 Jul 2019

Brangus-veldbulklub bewys jong bulle word vetter op natuurlike weiding | News Article
FOTO: Verskaf

Die Western Genetics Brangus-veldbulklub bied vandeesweek ‘n boeredag op die plaas Kruis by Boshof in die Vrystaat aan.


Johan Delport, ‘n organiseerder, sê waardevolle inligting is beskikbaar op dié dag, maar een van die hoogtepunte is die ten toonstelling van jong veldbulle wat op natuurlike weiding getoets is, terwyl hulle aanvanklik geensins gevoer is nie. Hy sê in ‘n bestek van nege maande het van die bulletjies ‘n toename in hul gewig getoon. Dié studie vorm deel van die veldbulbeginsel wat deur Hannes Dreyer van Veldbul SA saamgestel is.

Delport sê die Brangus veldbulklub bestaan uit 28 telers van onder meer die Noord-Kaap, en die sentrale en westelike deel van die Vrystaat. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die boeredag aangebied word. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


 

Dit was Johan Delport, 'n organiseerder van die Western Genetics Brangus-velbulklub se boeredag by Boshof in die Vrystaat. Vir meer inligting, bel Delport by 071-687-4439.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel ook weeksdae in om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.