Agri Hour
SA Pluimveevereniging ontevrede oor tarief-studie─── 06:00 Mon, 29 Jul 2019
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) is nie tevrede met die Vereniging van Vleisinvoerders en –uitvoerders (Amie) se studie oor die hoenderbedryf nie.
In dié studie is daar bevind dat ‘n haastige besluit oor tariewe op die invoer van sekere hoenderprodukte ernstige gevolge inhou. Daarmee saam bevraagteken die SAPV se algemene bestuurder, Izaak Breitenbach, dié vereniging se besluit op ‘n studie en veral sy besluit om die bevindinge nou bekend te maak. Dit terwyl ‘n besluit oor tariewe nog in die proses is.
OFM se Vernon Baumann het met Breitenbach gepraat…
Dit was IzaakBreitenbach, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
OFM-NUUS
