On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Los trustgrond uit, waarsku Saai

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Wed, 31 Jul 2019

Los trustgrond uit, waarsku Saai | News Article

Dit gaan baie gevaarlik wees vir Suid-Afrika indien die staat trustgrond soos die Ingonyama Trust wil oorneem.

 

Dit is volgens Theo de Jager, direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se voorstel dat die staat trusts moet ontbind. Volgens De Jager moet die staat nie die mag besit om trusts oor te neem nie, omdat hy sy magte kan misbruik. Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is ‘n duidelike voorbeeld daarvan. Hy sê as die Ingonyama Trust aan die staat behoort, kan niks die staat verhoed om familietrusts ook oor te neem nie. Dié paneel se voorstel in die verband is ook ‘n aanval op die kultuureie sowel as “geestesgoedere” van die Zoeloe-bevolking. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...



Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.