Agri Hour
#AgriSA: Buitelandse maatskappye hou grondverwikkelinge in SA fyn dop─── 05:37 Mon, 05 Aug 2019
Daar is geen twyfel by georganiseerde landbou in Suid-Afrika dat die buiteland die plaaslike proses van grondhervorming fyn dophou nie.
Agri SA se beleidshoof vir grond, Annelize Crosby, sê hulle ontvang gereeld navraag van buitelandse maatskappye, die media en ambassades oor die grondkwessie in Suid-Afrika, veral in terme van die Grondwetwysiging van Artikel 25 wat onteiening sonder vergoeding moontlik gaan maak. Daar is veral kommer in dié verband onder buitelandse maatskappye wat plaaslik wil belê. Crosby is van mening dat die buiteland ook bewus is van die omvattende grondverslag wat deur die presidensiële adviespaneel bekend gemaak is.
Sy sê verder dié verslag is so omvattend dat baie internasionale belanghebbendes nog in die proses is om dit te ontleed voordat hulle daarop gaan reageer. Daarmee saam is die grondkwessie in Suid-Afrika baie sensitief en daarom gaan die internasionale gemeenskap uitsprake daaroor versigtig benader.
OFM-nuus se Vernon Baumann het met haar gepraat…
Dit was Annelize Crosby, Agri SA, se beleidshoof vir grond wat met OFM-nuus se Vernon Baumann gepraat het.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus/Vernon Baumann
