Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:25 Thu, 08 Aug 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy sê die nuutste statistieke oor kern-veranderlikes in die Suid-Afrikaanse ekonomie vergestalt ontleders se voorspelling. Die sakegemeenskap reageer normaal deur afleggings omdat die ekonomie geen ruimte bied vir voldoende groei nie. Te midde van dié inkrimping is herskikking ook aan die orde, omdat dit aangewese is om meer met minder te doen. Meganisasie en digitalisering wen daarom meer veld.
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
