On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Savpo ondersteun 2014-studie oor Hepatitus E

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:02 Tue, 13 Aug 2019

Savpo ondersteun 2014-studie oor Hepatitus E | News Article

Hepatitus E, wat bekend is as geelsig, kom onder varke voor in die Wes-Kaap, maar dit is nie op dieselfde vlak as in ander lande nie.

 

Dit is volgens ‘n studie wat in 2014 deur medici in samewerking met staatsveeartse gedoen is. 

Peter Evans, hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, 

Savpo, sê dié organisasie het die studie ondersteun omdat dit belangrik is vir die bedryf. 

Hy sê die studie se uitkoms het lank geneem en daar is onlangs eers daaroor berig. 

Daar is egter in die stadium nie ‘n uitbrekeing van dié siekte in die Wes-Kaap nie en varkvleis en produkte daarvan is veilig om te gebruik.

Volgens hom het die studie wat op varkplase in die provinsie gedoen is, getoon vlakke van dié virus in varke op meer tegnologies gevorderde en moderne varkplase se vlak is laer as op ander plase. 

Dit kom nadat daar verlede week in die media berig is dat daar 'n hepatitis E uitbreking in die Wes-Kaap is. 

Evans, wat ook 'n veearts is, sê varkprodukte is ook destyd getoets en die virus is opgespoor in twee lewersmere van sowat 140 monsters wat geneem is, opgespoor.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.



OFM-nuus


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op BeforeDawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins.Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur virhaar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.