Agri Hour
Boere moet biosekuriteit toepas om Afrika-varkpes te voorkom─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:41 Thu, 15 Aug 2019
Alle varkboere en veral kleinboere in kommunuale gebiede in die Vrystaat kan die Afrika-varkpesvirus voorkom op hul plase as hulle biosekuriteit toepas.
Peter Evans, 'n veearts en hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Savpo, sê boere moet die verspreiding van die virus verstaan om dit te voorkom.
Dit kom nadat uitbrekings aanvanklik in Noordwes, Mpumalanga en Gauteng, en nou by Heilbron in die Vrystaat aangemeld is.
Geen voorvalle van Afrika-varkpes is sover op kommersiële varkplase in die Vrystaat aangemeld nie.
Daar is wel voorvalle van dié dodelike virus in varke op kommunale plase in landelike gebiede in die provinsie aangemeld.
Evans sê die uitbreking in die Vrystaat word beheer veral in landelike gemeenskappe en by kleinskaalse boerderye.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
OFM-nuus
