On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#FairPlay staan sterk teen die storting van bevrore hoender in SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:48 Wed, 21 Aug 2019

#FairPlay staan sterk teen die storting van bevrore hoender in SA | News Article

Die teenstortingsbeweging, FairPlay, beywer hom nog meer om die negatiewe impak van die storting van hoenderprodukte in Suid-Afrika uit lande soos Brasilië te beklemtoon.


Die stigter van dié beweging, Francois Baird, sê dit is juis nou belangrik dat daar sterk standpunt ingeneem word met die oog op die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (ITAC) wat 'n aanbeveling aan Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging oor invoertariewe moet maak.

Die aanbeveling is oor hoenderprodusente se aansoek vir 'n maksimum-tarief op ingevoerde snitte. Hy sê dit sluit spesifiek Brasiliaanse bevrore hoenderporsies in, wat stukke aan die been is, asook kleiner ontbeende hoenderporsies.

Volgens hom word die bevrore stukke hoender wat in Suid-Afrika gestort word teen hoë winsmarges verkoop, tot nadeel van Suid-Afrikaanse verbruikers.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien aangehegte PODCAST...


Dit was Francois Baird, stigter van die teenstortingsbeweging, FairPlay.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.